HELPENDE HAND IN DIE WESKUS
Die afgelope maand het Helpende Hand uitgebrei aan die Weskus met die stigting van onderskeidelik die Saldanhabaai en die Langebaan takke. Tydens ‘n gesamentlike opleidingsessie wat op 8 September in Vredenburg aangebied is, het albei takke se dagbesture bymekaargekom vir takopleiding. Sodoende word vrywilligers van Helpende Hand toegerus om ‘n verskil in hul onderskeie gemeenskappe te maak. Volgens Mariëtte Roos, die assistant streekorganiseerder van Helpende Hand in die Weskus is Helpende Hand afhanklik van vrywilliers om ‘n voetspoor vir dié organisasie in die gemeenskap te vestig. “Omdat ons gemeenskappe wil ontwikkel, glo ons daaraan om ons vrywilligers op te lei en aan hulle die nodige struktuur en riglyne te voorsien sodat hulle die uitrol van projekte in gemeenskappe kan doen. Helpende Hand is ‘n voertuig waardeur vrywilligers ‘n verskil in hul gemeenskappe kan maak terwyl hulle die ondersteuning van Helpende Hand personeel ontvang. Ons is bevoorreg om sommer twee takke in hierdie gedeelte van die Weskus te kry sodat die gemeenskappe die voordeel daarvan kan kry”, het sy afgesluit.
Op hierdie foto verskyn van links na regs:
Ds Johan van Rooyen (voorsitter: Saldanhabaai tak); Adeel vd Bergh (onder-voorsitter: Langebaan tak); Anja Hambrock (voorsitter: Langebaan tak) en Lydia Botha (sekretaresse: Saldanhabaai tak).
Agter staande is Michelle Marais (sekretaresse Langebaan tak) en Mariëtte Roos (assistent- streekorganiseerder Weskus van Helpende Hand).
Afwesig tydens die opleiding as gevolg van ander verpligtinge, was Gideon Dixon (onder-voorsitter van Saldanhabaai tak en ds Thys du Toit (Bemarking van Saldanhabaai tak).
Vir enige navrae oor Helpende Hand, kontak gerus vir Mariëtte Roos by [email protected]