Helpende Hand: Melkbosstrand Tak
Die Helpende Hand tak in Melkbosstrand het op 31 Augustus ‘n praktiese volhoubare projek in die gemeenskap gedoen. Die projek is in samewerking met die ACVV van Melkbosstrand aangebied. Tydens die geleentheid het die bekende Phillip Moolman ook opgetree en pragtige nostalgiese musiek gedeel. Dit was ‘n goeie kombinasie om die ernstige inligting met nostalgiese musiek te kombineer.
Die Diamanté groep van die ACVV Dienssentrum het in die NG Kerksaal van Melkbosstrand bymekaargekom. Hierdie groep is toegespreek deur Susan Potgieter van SABRIC. Die inligting wat deurgegee is het gehandel oor kuberveiligheid. Potgieter het die groep toegerus met interessante inligting wat praktiese, belangrike inligting insluit om hulself te beveilig teen kuberbedrog. Volgens Potgieter “is almal vandag blootgestel aan kuberbedrog en is dit ons elkeen se verantwoordelikheid om soveel as moontlik kennis hieroor te bekom. Ons kan slegs versigtig optree, indien ons genoegsame inligting het om onsself sodoende te bemagtig,” het sy afgesluit. Die gehoor was dit eens dat meer sulke inligting aan die gemeenskap deurgegee moet word en dat daar meer sulke geleenthede moet wees waar mense die regte inligting kan kry.
FOTO aangeheg:
Op die foto verskyn van links na regs:
Susan Potgieter (SABRIC), Mariëtte MacKay (taklid van Helpende Hand, Melkbosstrand), Phillip Moolman bekende kunstenaar en akteur, Karen Dreyer (taklid van Helpende Hand, Melkbosstrand), Mariëtte Roos (Assistant Streekorganiseerder van Helpende Hand in die Weskus) en Anneri van Wyk (taklid van Helpende Hand, Melkbosstrand).