Bemagtig ‘n Kind-projek
Een van ons sukses stories vertel dat Solidariteit Helpende Hand se Bemagtig ‘n Kind-projek nie net kinders help nie maar ook ‘n invloed het op ‘n ouer se gemoed en haar vir die toekoms motiveer.
*Margo, ‘n enkelma van drie kinders, het uitgereik na Helpende Hand vir hulp met geld vir nasorg, skryfbehoeftes en klere.
Met ons strukture en proses vir hulpversoeke kon ons aan die moeder se versoek voldoen. Margo se kinders het ook geleentheid gekry om buitemuurse aktiwiteite by te woon, want omdat ons met nasorggelde kon help, kon die moeder haar werk verrig en is haar klein inkomste nie belemmer nie. En natuurlik het ons hulp die kinders gehelp om hul skoolaktiwiteite soos alle ander kinders te geniet sonder om as “behoeftig” uit te staan.
Hierdie hulp het vir Margo nuwe hoop gegee. Sy het vir die eerste keer in ‘n lang tyd gevoel sy staan nie alleen nie. Sy glo weer in haarself en wil graag verder gaan studeer. Sy beplan om aansoek te doen vir ‘n Helpende Hand-studielening vir moontlike hulp.
Deur vir ‘n mamma ‘n klein hupstoot te bied, kan ons dalk haar hele uitkyk op die lewe verander en haar in ‘n rigting lei waar sy haarself verder kan help en vir haar kinders die motivering bied om hul volle potensiaal te bereik.
Ons het jou nodig om nog mammas en kinders te help, om hulle net ‘n hupstoot vir die toekoms te gee. Wees deel van die hoopdraers in jou gemeenskap en dra finansieel by tot hierdie projek.
*Skuilnaam