WES-KAAP

WES-KAAP

Helpende Hand en iSimplifi bring tegnologie nader aan bejaardes

Die Wes-Kaap-streek van Solidariteit Helpende Hand het op 25 Maart 2025 ‘n besoek aan Huis Vergenoegd in die Paarl gebring. Tydens hierdie besonderse geleentheid het een van ons gewaardeerde netwerkvennote, iSimplifi Computer Training, die senior inwoners stap vir stap gehelp met uitdagings wat hulle met hul slimfone beleef.

Van basiese wenke tot hoe om ‘n stemboodskap te stuur – niks was te groot of te klein om aan te pak nie. Sommige van die bejaardes kon selfs vir die eerste keer op hierdie manier met hul kinders kommunikeer. Wat ‘n spesiale en emosionele ervaring was dit nie!

Volgens Alisha de Lange, streeksbestuurder van die Wes-Kaap-streek, is dit vir Helpende Hand belangrik om ‘n volhoubare verskil te maak. “Ons glo dat ons met hierdie geleentheid die bejaardes kon help om gemakliker te voel met tegnologie. Ons verstaan dat hulle nie met hierdie vaardighede grootgeword het nie, en daarom is die uitdaging soveel groter,” het sy verduidelik. Helpende Hand poog om met hierdie tipe projekte nie net praktiese vaardighede aan te leer nie, maar ook ‘n gevoel van selfvertroue en verbondenheid te skep. Ons is dankbaar vir vennootskappe soos dié met iSimplifi wat ons kan help om hierdie doelwitte te bereik.

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie