Helpende Hand Porterville-tak

Die Solidariteit Helpende Hand Porterville-tak het op 14 Augustus 2025 die derde agtereenvolgende jaar ‘n spesiale Oupadag aangebied as deel van hul gemeenskapsontwikkelingsinisiatiewe. Die geleentheid is aangebied by die 24 Riviere Ontwikkelingsvereniging, Halfmanshof. Die verrigtinge het om 09:00 begin toe die groep daarheen vervoer is en hulle die oggend kon afskop met koffie en beskuit. Daarna is ‘n interessante praatjie deur Bianca en Christopher Kooij op Bessieplaas aangebied. Teen 12:00 is ‘n heerlike middagete bestaande uit ‘n tamatiepotjie en groenboontjiepotjie met brood en rys bedien. Die nagereg was heerlike koejawels, perskes en vla. Teen 14:00 het die hele groep terug dorp toe vertrek. Die projek is aangebied met borgskappe en finansiĆ«le ondersteuning van die Helpende Hand-taklede.