WES-KAAP

WES-KAAP

Swartland tak Studiefonds stigting

29 Augustus 2025

MEDIAVERKLARING

Die Solidariteit Helpende Hand Swartland-tak het op 12 April 2025 ‘n suksesvolle gholfdag by die Malmesbury Gholfklub aangebied. Die maatskappy iPlan was die hoofborg vir die dag. Die doel van die gholfdag was om fondse in te samel vir die stigting van ‘n studiefonds wat deur Helpende Hand aangewend kan word vir die ondersteuning van jongmense in die gemeenskap wat verder wil studeer.

Die dag is ondersteun deur verskeie borge uit die Swartland-gemeenskap. Elke borg en gholfspeler wat die projek ondersteun het, het ‘n leeueaandeel gehad in die sukses van die projek.

Op Donderdag 21 Augustus is die stigtingsdokumente vir die Swartland Studiefonds tydens die maandelikse takvergadering onderteken. “Hierdie is ‘n groot stap vir die Helpende Hand-tak,” sê Lucille Bezuidenhout, die takvoorsitter. “Met die stigting van die Swartland Studiefonds bevestig Helpende Hand dat ons doen wat ons gesê het ons gaan doen. Dit bewys ook dat ons die finansiële ondersteuning uit die Swartland-gemeenskap aanwend vir die doel waarvoor ons hierdie projek aangepak het.”

Jongmense vanuit die gemeenskap kan aansoek doen vir gedeeltelike rentevrye studielenings van hierdie studiefonds.

Bezuidenhout sê voorts: “Ons hoop dat die vertroue wat ons hierdeur in die gemeenskap skep sal bydra tot verdere ondersteuning vanuit die gemeenskap aan hierdie studiefonds. Ons kinders het die gemeenskap nodig om hulle toekoms te verseker.” Vir enige navrae oor Helpende Hand of hoe om die studiefonds verder te ondersteun, kontak vir Lucille Bezuidenhout by [email protected] of vir Mariëtte Roos, die Helpende Hand-streeksorganiseerder, by [email protected]

Agter v.l.n.r.: Mariëtte Roos, Streeksorganiseerder: Helpende Hand; Elbé Bezuidenhout, Elsabé van der Merwe en Catherine Oberholzer: taklede; en Zanele du Toit, sekretaresse van die Swartland-tak Voor v.l.n.r.: Patricia Taljaard, ondervoorsitter van die Swartland-tak; en Lucille Bezuidenhout, voorsitter van die Swartland-tak

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie