1000poot-projek: 2025
In 2025 het die Helpende Hand Weskaap-streek die 1000poot-projek van stapel gestuur ter ondersteuning van die Ons Winkels. Die skenkings wat hierdie winkels ontvang, stel hulle in staat om gehalte gebruikte goedere teen bekostigbare pryse aan te bied. Dit dra nie net by tot werkskepping vir winkelpersoneel nie, maar genereer ook fondse vir maatskaplike projekte in die streek en vir die verdere uitbouing van die Weskaap-streek se Studiefonds.
Die doel van die 1000poot-projek was om 1 000 sakke gebruikte goedere in te samel en te versprei na die Ons Winkels om hul verkoopsvermoë te versterk. Met die samewerking van al ons gemeenskappe het die Weskus-streek daarin geslaag om hierdie teiken in Desember 2025 te bereik. Die 1000poot-barometer is met trots voltooi, en ons harte is opreg dankbaar vir hierdie betekenisvolle mylpaal. Hierdie sukses bevestig weereens dat groot dinge moontlik is wanneer elkeen sy deel doen. Wat ’n voorreg om saam te bou aan volhoubare verskilmaak!
