WES-KAAP

WES-KAAP

Toekomsplan-funksie

Op 27 Februarie 2026, Nasionale OSW-dag, het Solidariteit en Solidariteit Helpende Hand in die Wes-Kaap ‘n Toekomsplan-funksie aangebied. Hulle het ‘n betekenisvolle ruimte geskep waar rolspelers uit die maatskaplike sektor saam kon dink, praat en hoop bring.

Teen die agtergrond van ‘n sektor onder geweldige druk, ‘n sektor wat oorlaai is met gevalle en ‘n stelsel wat dikwels reaktief funksioneer, is Solidariteit Helpende Hand se Toekomsplan in werking gestel as ‘n praktiese pad vorentoe. Soos dié baanbreker-organisasie jare gelede reeds bewys het, lê ware verandering in gemeenskappe wat saamstaan.

Daar is nie net op een organisasie gefokus nie, maar op ‘n gedeelde roeping: om buite die boks te dink, samewerking te versterk, en ‘n volhoubare toekoms vir ons gemeenskappe te bou en behou. Dit dien as herinnering dat hoop tasbaar en laste ligter word waar gemeenskappe hande vat in opregte diensbaarheid, want die krag lê in ons eie hande en keuses.

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie