WES-KAAP

WES-KAAP

‘n Hart vir hergebruik, ‘n hand vir hoop

In Solidariteit Helpende Hand Caledon-tak staan Lorraine Gericke stilweg uit as iemand wat nie net sien waar daar ‘n behoefte is nie, maar ook iets daaraan dóén. Wanneer stukke materiaal aan Ons Winkel Caledon geskenk word, sien sy nie afval nie – sy sien moontlikhede. Met sorg en kreatiwiteit sit sy hierdie materiaal om in pragtige strooikussings wat weer in die winkel verkoop word. Lorraine se kreatiewe gebruik van geskenkte lappe om strooikussings te skep, is ‘n pragtige voorbeeld van hoe werksyn lyk: Dit is iemand wat haar vaardighede en tyd gebruik om waardigheid, waarde en omgee terug te ploeg in die gemeenskap.

Elke kussing dra ‘n nuwe doel, maar ook ‘n stukkie liefde wat terugvloei na die gemeenskap. Hierdie eenvoudige maar betekenisvolle daad maak ‘n tasbare verskil: Dit skep waarde en wys hoe hergebruik ‘n bron van hoop kan word.

Lorraine se toewyding herinner ons dat impak nie altyd groot of luid hoef te wees nie. Soms is dit ‘n naald, ‘n stuk lap, en ‘n bereidwillige hart.

Watter gawe het jy?
Ons almal het iets om te gee – ‘n vaardigheid, ‘n talent, ‘n bietjie tyd, of ‘n warm hart.

Wat is jou unieke manier om terug te ploeg in die gemeenskap?
As jy voel jy het ook ‘n gewillige hart en hande, kontak gerus vir Lizé by

[email protected] of Dané by [email protected]. Jou bydrae, hoe klein ook al, kan die begin wees van iets besonders.

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie