WES-KAAP

WES-KAAP

Talanja Kleuterskool in Somerset Wes

Talanja Kleuterskool in Somerset Wes is deel van Solidariteit Helpende Hand se wonderlike netwerk. Hulle het onlangs hul harte oopgemaak en ruim bygedra tot ons gemeenskap.

Hulle het 50 matrasse geskenk vir die maatjies van ons Ons Plek-kleuterskool! ‘n Geskenk wat nie net gerief bring nie, maar ook omgee en waardigheid. Daarby het hulle ook ‘n Baadjie vir ‘n Maatjie-insameling gehou en soveel sakke klere en skenkings bymekaargemaak dat ons ons Ons Plek-maatjies behoorlik kon bederf met warm klere en vir ons twee Ons Winkels in die Helderberg-area ook sakke vol kon gee.

Hierdie bydraes maak dit verder moontlik vir Helpende Hand om ‘n verskil in studente se lewens te maak deur ondersteuning tot hul studielenings.

Baie dankie, Talanja Kleuterskool, vir julle omgee harte en die tasbare verskil wat julle maak!

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie