‘n Mamma en haar twee kinders het JOU hulp nodig!

‘n Jong mamma in haar twintigs droom daarvan om vir haar twee klein kinders ‘n beter toekoms te skep. Sy het tans geen werk of familie wat haar kan ondersteun nie. Sonder kwalifikasies is dit moeilik om werk te kry, maar sy wil werk en op haar eie voete staan.
Haar oudste kindjie is vier jaar oud en het outisme, terwyl haar jongste slegs twee jaar oud is. Daar is dagsorgsentrums wat bereid is om die kinders gedurende die dag te ontvang, maar die mamma kan nie die kostes dra nie. As iemand daarmee kan help, sal dit die mamma die geleentheid gee om werk te soek en uiteindelik ‘n inkomste te verdien.
Ons vra daarom vir ons gemeenskap: Maak hoop ‘n werklikheid. Dra asseblief by tot die kinders se skoolfonds. Dit sal sorg dat hulle gedurende die dag veilig en versorg is, en dit sal die mamma ‘n kans gee om werk te soek, onafhanklik te word en later self vir haar kinders te voorsien.
Elke bydrae, hoe klein ook al, kan die begin wees van ‘n nuwe hoofstuk vir hierdie mamma en haar twee kinders.
Help ons om ‘n mamma ‘n kans te gee om op haar eie voete te staan.
Kontak Dané Kotze by [email protected] of 060 700 9410 vir meer inligting.
FNB
Account Type ENTERPRISE BUSINESS ACCOUNT
Account Number 62346429055
Account Status Active Account
Branch 261550
Name Swift Code FIRNZAJJ