Helpende Hand Brackenfell-tak stig eie studiefonds
Die Solidariteit Helpende Hand Brackenfell-tak het onlangs sy eie studiefonds gestig om studente uit die Brackenfell-gemeenskap te ondersteun met gedeeltelike, rentevrye studielenings.
Fondse vir die studiefonds word met verskeie inisiatiewe deur die tak se toegewyde vrywilligers ingesamel. Die geld wat gedurende die jaar ingesamel word, word die daaropvolgende studiejaar aangewend om verdienstelike studente se tersiêre studies moontlik te maak.
Individue en besighede wat finansieel tot die studiefonds bydra, kwalifiseer vir belastingverligting. Benewens die belastingvoordeel bied elke skenking ook die geleentheid om ‘n blywende verskil te maak in die lewe van ‘n student wat andersins moontlik nie die kans sou hê om verder te studeer nie.
Vir navrae of om ‘n skenking te maak, kontak Lizé Theron by [email protected] en help om ‘n student se toekoms te verander.
