Posts by helpendehand
‘n Hart vir hergebruik, ‘n hand vir hoop
In Solidariteit Helpende Hand Caledon-tak staan Lorraine Gericke stilweg uit as iemand wat nie net sien waar daar ‘n behoefte is nie, maar ook iets daaraan dóén. Wanneer stukke materiaal aan Ons Winkel Caledon geskenk word, sien sy nie afval nie – sy sien moontlikhede. Met sorg en kreatiwiteit sit sy hierdie materiaal om in…
Read MoreToekomsplan-funksie
Op 27 Februarie 2026, Nasionale OSW-dag, het Solidariteit en Solidariteit Helpende Hand in die Wes-Kaap ‘n Toekomsplan-funksie aangebied. Hulle het ‘n betekenisvolle ruimte geskep waar rolspelers uit die maatskaplike sektor saam kon dink, praat en hoop bring.
Read MoreHelpende Hand Helderberg-tak bederf Huis Marie Louw op Nasionale Sjokoladedag
Op Nasionale Sjokoladedag 2025 het die vrywilligers van die Helpende Hand Helderberg-tak ‘n besonderse verrassing vir die seniors in Huis Marie Louw gehad. Die span het nie net heerlike sjokolade-kolwyntjies vir teetyd afgelaai nie – hulle het gaan sit en saam gekuier en versier! Elke inwoner het die geleentheid gekry om hul eie kolwyntjie te…
Read More1000poot-projek: 2025
In 2025 het die Helpende Hand Weskaap-streek die 1000poot-projek van stapel gestuur ter ondersteuning van die Ons Winkels. Die skenkings wat hierdie winkels ontvang, stel hulle in staat om gehalte gebruikte goedere teen bekostigbare pryse aan te bied. Dit dra nie net by tot werkskepping vir winkelpersoneel nie, maar genereer ook fondse vir maatskaplike projekte…
Read MoreLANDBOU EN OPLEIDING BELANGRIK VIR HELPENDE HAND
Hannes Noëth, Solidariteit Helpende Hand se uitvoerende direkteur, en adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, het Porterville se boeregemeenskap op 19 November besoek. Die doel van die besoek was om op grondvlak met boere in gesprek te tree en hulle opnuut bewus te maak van die belangrike rol wat hulle in hul…
Read More‘n Boodskap van hart tot hart
Welstand is ‘n toestand van voorspoed, geluk en gesondheid (Supertaal: Woordeboek, Junie 2021). Welstand bestaan uit vele aspekte, insluitend geestelik, sosiaal, emosioneel, fisies, kultureel en psigologies.
Read MoreSwartland tak Studiefonds stigting
Die Solidariteit Helpende Hand Swartland-tak het op 12 April 2025 ‘n suksesvolle gholfdag by die Malmesbury Gholfklub aangebied. Die maatskappy iPlan was die hoofborg vir die dag. Die doel van die gholfdag was om fondse in te samel vir die stigting van ‘n studiefonds wat deur Helpende Hand aangewend kan word vir die ondersteuning van jongmense in die gemeenskap wat verder wil studeer.
Read MoreRiversdal Droom myl
Op 6 September 2025 het Helpende Hand Riversdal-tak die hartroerende Droommyl-stap saam met Droom Tehuise aangebied. Hierdie unieke geleentheid het by Huis Jan Lange begin en was spesifiek daarop gemik om bejaardes, persone met gestremdhede en die breër gemeenskap bymekaar te bring.
Read MoreMaatskaplike opleiding: “Hoe hou ek my koppie vol?” – Welstand in aksie
As deel van Helpende Hand se jaartema “Welstand” is ‘n praktiese en inspirerende opleidingsessie vir taklede in die Weskus-streek aangebied. Die sessie het gefokus op emosionele selfversorging en hoe vrywilligers hul “koppie vol kan hou” te midde van die eise van gesin, werk en gemeenskapsdiens.
Read MorePorterville-tak stig hul Helpende Hand-studiefonds
Die Solidariteit Helpende Hand Porterville-tak het op 17 September 2025 hul Helpende Hand-studiefonds gestig wat aangewend gaan word vir finansiële ondersteuning aan voornemende studente. Hierdie gemeenskapstudiefonds staan bekend as die Porterville Studiefonds. Die amptelike stigting van die gemeenskapstudiefonds volg op ongeveer ‘n jaar se harde werk deur die Porterville-tak. Hulle het deur die loop van…
Read More