Welstand-wandelinge – goed vir liggaam en gees

Solidariteit Helpende Hand se jaartema vir 2025 is Welstand. Gedagtig hieraan wil ons graag asemskep-oomblikke in die natuur bewerkstellig. Die reeks Welstand-wandelinge is bedoel om gesellige uitstappies na verskeie plekke in die Wes-Kaap te wees. Die groepie stappers sal elke keer saam begin stap, maar almal sal teen hul eie pas wandel. Dit is jou…

Read More

Helpende Hand en iSimplifi bring tegnologie nader aan bejaardes

Die Wes-Kaap-streek van Solidariteit Helpende Hand het op 25 Maart 2025 ‘n besoek aan Huis Vergenoegd in die Paarl gebring. Tydens hierdie besonderse geleentheid het een van ons gewaardeerde netwerkvennote, iSimplifi Computer Training, die senior inwoners stap vir stap gehelp met uitdagings wat hulle met hul slimfone beleef. Van basiese wenke tot hoe om ‘n…

Read More

Helpende Hand Paarl-tak bied beroepsdag aan

3 Desember 2024 MEDIAVERKLARING Die Helpende Hand Paarl-tak het op 26 November ‘n beroepsdag vir leerders aangebied in samewerking met Delecta Fruit. Delecta het die inisiatief geneem en Helpende Hand genader om leerders te identifiseer wat in die bedryf belangstel. Graad 11-leerders van die Hoërskool Hugenote is in samewerking met die onderwysers geïdentifiseer en 45…

Read More

Geestelike armoede in gemeenskappe

Solidariteit Helpende Hand se visie is om die Afrikaner-gemeenskap se volhoubare welstand te verseker deur finansiële, sosio-emosionele, geestelike, fisiese en kulturele opheffing te bewerkstellig. Ongelukkig is armoede in al hierdie lewensareas ‘n werklikheid en funksioneer dit dikwels interaktief. As jy byvoorbeeld finansieel swaarkry, kan jy aan ‘n minderwaardigheidskompleks ly en net oorleef in plaas daarvan…

Read More

Trauma en gemeenskappe

Ons word baie meer deur trauma in ons gemeenskappe beïnvloed as wat ons besef. Elkeen van ons kry op een of ander wyse met iemand te doen wat bewustelik of onbewustelik onverwerkte trauma het. Of jy is self al blootgestel aan een of ander traumatiese gebeurtenis. Dit manifesteer op verskillende wyses soos padwoede, ‘n negatiewe…

Read More

Vroetelmoutjies vir persone met demensie en Alzheimer se siekte

“Demensie” Sverwys na breinsteurnisse wat die geheue, denke, gedrag en emosie beïnvloed. Alzheimer se siekte is die algemeenste oorsaak van demensie en maak 50%-75% van alle demensiegevalle uit. Die siekte vernietig die breinselle en senuwees wat boodskappe in die brein oordra en versteur veral die geheue. Tydens die verloop van Alzheimer se siekte sterf senuweeselle…

Read More

Bemagtig ‘n Kind-projek

Een van ons sukses stories vertel dat Solidariteit Helpende Hand se Bemagtig ‘n Kind-projek nie net kinders help nie maar ook ‘n invloed het op ‘n ouer se gemoed en haar vir die toekoms motiveer. *Margo, ‘n enkelma van drie kinders, het uitgereik na Helpende Hand vir hulp met geld vir nasorg, skryfbehoeftes en klere.…

Read More

‘n Mooi storie

Deur Alna de Waal Kinders is een van die kwesbare groepe op wie Solidariteit Helpende Hand se programme en projekte gemik is. Ons doen alles in ons vermoë om kinders toe te rus, op te voed, te ontwikkel en op te lei. ‘n Enkelmamma het ons vroeër vanjaar gekontak met die versoek om haar matriekdogter…

Read More

Ontwikkeling van gemeenskapskrag

Dané Kotze, Streeks- Maatskaplike Werker: Solidariteit Helpende Hand Wes-Kaap-streek Gemeenskapsontwikkeling is ‘n groot konsep wat in klein deeltjies verdeel kan word en ‘n reuse verskil in ons gemeenskappe kan maak. Ons het soms die geneigdheid om weg te skram van idees en konsepte wat vir ons te groot voorkom. Ons vra onsself af: Hoe moet…

Read More

Waardes wat werk

Ek bestudeer onlangs die handleiding vir ons Helpende Hand vrywilligers met die oog daarop om relevant en op datum te bly met wat ons organisasie doen en ook wat ons verwag van vrywilligers wat inskakel en ons ondersteun. Dit is logies dat Solidariteit Helpende Hand se jaartema jaarliks aangepas word.  Dit skakel so goed in…

Read More