Porterville-tak stig hul Helpende Hand-studiefonds

Die Solidariteit Helpende Hand Porterville-tak het op 17 September 2025 hul Helpende Hand-studiefonds gestig wat aangewend gaan word vir finansiële ondersteuning aan voornemende studente. Hierdie gemeenskapstudiefonds staan bekend as die Porterville Studiefonds. Die amptelike stigting van die gemeenskapstudiefonds volg op ongeveer ‘n jaar se harde werk deur die Porterville-tak. Hulle het deur die loop van…

Read More

Solidariteit Helpende Hand Sekretaressedag

3 September 2025 Op Woensdag 3 September 2025 het Solidariteit Helpende Hand Wes-Kaap se streekspersoneel vir al hulle sekretaresses, administratiewe beamptes, kantoorbestuurders en ander ondersteunende personeel dankie gesê vir hul bydrae tot hul werkgewers se effektiewe funksionering. Die geleentheid is aangebied by Picardie Gasteplaas in die Paarl. Lana Louw, eienaar van die gasteplaas, het die…

Read More

Trauma en gemeenskappe

Ons word baie meer deur trauma in ons gemeenskappe beïnvloed as wat ons besef. Elkeen van ons kry op een of ander wyse met iemand te doen wat bewustelik of onbewustelik onverwerkte trauma het. Of jy is self al blootgestel aan een of ander traumatiese gebeurtenis. Dit manifesteer op verskillende wyses soos padwoede, ‘n negatiewe…

Read More

Waardes wat werk

Ek bestudeer onlangs die handleiding vir ons Helpende Hand vrywilligers met die oog daarop om relevant en op datum te bly met wat ons organisasie doen en ook wat ons verwag van vrywilligers wat inskakel en ons ondersteun. Dit is logies dat Solidariteit Helpende Hand se jaartema jaarliks aangepas word.  Dit skakel so goed in…

Read More

‘n -“Goedvoel”- storie

Oor die jare het ek al ‘n geheue-repertoire van die ervarings tydens my loopbaan as maatskaplike werker opgebou. Die meeste stories het baie hartseer begin, maar heelwat daarvan het gelukkig geëindig. Ek wil ek graag vir julle een van die stories vertel. ‘n Persoon uit die gemeenskap het ons ingelig oor Patricia* (skuilnaam), 4 jaar…

Read More

Camino verken wonders van Klein-Karoo se sandsteenkerke

Die Klein-Karoo is ‘n streek vol stories, veral stories oor die mense wat hier gewoon, liefgehad en gewerk het. Hulle het hul geloof uitgedruk in die bou van pragtige sandsteenkerke, katedrale en sinagoges wat vandag nog lewende monumente van hul erfenis is. Pelgrims kan vanjaar die geleentheid kry om ten bate van Solidariteit Helpende Hand…

Read More

Hoekom moet ek vir hulp vra?

Ek is ‘n Suid-Afrikaner in murg in been, ‘n Afrikaner, ‘n maatskaplike werker. Gedurende mybaie jare van werk in ‘n groot verskeidenheid gemeenskappe het dit my opgeval dat jy tweegroepe mense in ‘n gemeenskap kry: diegene wat baie maklik vir hulp vra (en eintlik daaropaandring), en diegene wat eerder stilbly al kry hulle regtig op…

Read More

Gemeenskapskakeling

GEMEENSKAPSKAKELING (saamgestel deur Mariëtte Roos, Assistent Streekorganiseerder Weskus) Die konsep “gemeenskapsontwikkeling” is bekend, maar dit kan verskillende dinge vir verskillende mense beteken. Wanneer ons ‘n spesifieke gemeenskap wil ontwikkel, moet die lede van daardie gemeenskap en die plaaslike en nasionale regering met mekaar saamstem oor wat presies hulle in daardie gemeenskap wil bereik – dus…

Read More

Helpende Hand: Melkbosstrand Tak

Die Helpende Hand tak in Melkbosstrand het op 31 Augustus ‘n praktiese volhoubare projek in die gemeenskap gedoen.  Die projek is in samewerking met die ACVV van Melkbosstrand aangebied.  Tydens die geleentheid het die bekende Phillip Moolman ook opgetree en pragtige nostalgiese musiek gedeel.  Dit was ‘n goeie kombinasie om die ernstige inligting met nostalgiese…

Read More