Helpende Hand Wes-Kaapstreek se doel is om die nood van Afrikaners op grondvlak aan te spreek deur middel van gemeenskapsontwikkeling. Ons fokus op kinders, bejaardes en persone met gestremdhede asook hierdie persone se gesinne.
Jy kan Helpende Hand op enige van die volgende maniere ondersteun:
- Skakel in by jou naaste Helpende Hand takOns het tans 20 takke in die Wes-Kaap. Die takke bied goeie, volhoubare programme en projekte in die gemeenskap aan. So maak mense met omgeeharte ’n verskil in jou onmiddellike omgewing.
- Ondersteun Helpende Hand finansieel met ’n debietorder van R50,00 per maand of ’n eenmalige elektroniese inbetaling van R600-00.Finansiële ondersteuning stel ons in staat om die nodige projekte en programme aan te bied waar behoeftes in die gemeenskappe geïdentifiseer is.
- Maak ’n skenking aan enige Helpende Hand Ons WinkelHierdie skenkings word verkoop en die fondse word gebruik vir projekte en om die Helpende Hand Studietrust te ondersteun. Studente wat fondse benodig om na skool verder te studeer, doen by die Studietrust aansoek vir ’n rentevrye studielening. Hulle begin hulle lening terugbetaal nadat hulle afgestudeer het en hulle terugbetalings finansier weer die volgende student se rentevrye studielening.
Kontak ons gerus by [email protected] vir enige navrae.
Ontmoet ons personeel
Mariëtte Roos
082 493 0763
Lize Theron
082 895 8643
Riversdal-tak se Kuier, Klets en Kielie die Spiere-program
Die Solidariteit Helpende Hand Riversdal-tak het die Kuier, Klets en Kielie die Spiere-program op 24 Junie 2025 aan 10 ouer persone by Huis Jan Lange bekendgestel. Die program is wetenskaplik ontwikkel om vereensaamde ouer mense se lewenskwaliteit te verbeter deur hulle sintuie te stimuleer, hulle breinkrag te verskerp en hulle spiere te versterk. Tydens die sessie het die ouer persone hul spiere heerlik gerek en gestrek, saam gelag, die musiek en boekvoorlesing geniet en hul hande met room gemasseer. Die program sal tot aan die einde van die jaar deur taklede aangebied word.
Nuus vanuit ons streek
Hannes Noëth, Solidariteit Helpende Hand se uitvoerende direkteur, en adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, het Porterville se boeregemeenskap op 19 November besoek. Die doel van die besoek was om op grondvlak met boere in gesprek te tree en hulle opnuut bewus te maak van die belangrike rol wat hulle in hul…
Welstand is ‘n toestand van voorspoed, geluk en gesondheid (Supertaal: Woordeboek, Junie 2021). Welstand bestaan uit vele aspekte, insluitend geestelik, sosiaal, emosioneel, fisies, kultureel en psigologies.
Kom netwerk en bou sterker gemeenskapskrag saam met Hannes Noëth en Gerrie Nel Baie dankie vir jou belangstelling. Ons is ongelukkig vol bespreek.
In ’n wêreld waar jongmense dikwels onder geweldige druk verkeer, is dit die klein gebare van liefde en ondersteuning wat die grootste verskil maak. Die Helpende Hand-tak van Wellington het dit eerstehands bewys toe hulle onlangs die matriek-uitstap dag van Hoërskool Hugenote bygewoon het – nie net as gaste nie, maar as draers van hoop.…
Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie
Kalender
Skenk by jou naaste Ons Winkel