Helpende Hand Wes-Kaapstreek se doel is om die nood van Afrikaners op grondvlak aan te spreek deur middel van gemeenskapsontwikkeling. Ons fokus op kinders, bejaardes en persone met gestremdhede asook hierdie persone se gesinne.
Jy kan Helpende Hand op enige van die volgende maniere ondersteun:
- Skakel in by jou naaste Helpende Hand takOns het tans 20 takke in die Wes-Kaap. Die takke bied goeie, volhoubare programme en projekte in die gemeenskap aan. So maak mense met omgeeharte ’n verskil in jou onmiddellike omgewing.
- Ondersteun Helpende Hand finansieel met ’n debietorder van R50,00 per maand of ’n eenmalige elektroniese inbetaling van R600-00.Finansiële ondersteuning stel ons in staat om die nodige projekte en programme aan te bied waar behoeftes in die gemeenskappe geïdentifiseer is.
- Maak ’n skenking aan enige Helpende Hand Ons WinkelHierdie skenkings word verkoop en die fondse word gebruik vir projekte en om die Helpende Hand Studietrust te ondersteun. Studente wat fondse benodig om na skool verder te studeer, doen by die Studietrust aansoek vir ’n rentevrye studielening. Hulle begin hulle lening terugbetaal nadat hulle afgestudeer het en hulle terugbetalings finansier weer die volgende student se rentevrye studielening.
Kontak ons gerus by [email protected] vir enige navrae.
Ontmoet ons personeel
Mariëtte Roos
082 493 0763
Lize Theron
082 895 8643
Riversdal-tak se Kuier, Klets en Kielie die Spiere-program
Die Solidariteit Helpende Hand Riversdal-tak het die Kuier, Klets en Kielie die Spiere-program op 24 Junie 2025 aan 10 ouer persone by Huis Jan Lange bekendgestel. Die program is wetenskaplik ontwikkel om vereensaamde ouer mense se lewenskwaliteit te verbeter deur hulle sintuie te stimuleer, hulle breinkrag te verskerp en hulle spiere te versterk. Tydens die sessie het die ouer persone hul spiere heerlik gerek en gestrek, saam gelag, die musiek en boekvoorlesing geniet en hul hande met room gemasseer. Die program sal tot aan die einde van die jaar deur taklede aangebied word.
Nuus vanuit ons streek
Die Wes-Kaap-streek van Solidariteit Helpende Hand het op 25 Maart 2025 ‘n besoek aan Huis Vergenoegd in die Paarl gebring. Tydens hierdie besonderse geleentheid het een van ons gewaardeerde netwerkvennote, iSimplifi Computer Training, die senior inwoners stap vir stap gehelp met uitdagings wat hulle met hul slimfone beleef. Van basiese wenke tot hoe om ‘n…
3 Desember 2024 MEDIAVERKLARING Die Helpende Hand Paarl-tak het op 26 November ‘n beroepsdag vir leerders aangebied in samewerking met Delecta Fruit. Delecta het die inisiatief geneem en Helpende Hand genader om leerders te identifiseer wat in die bedryf belangstel. Graad 11-leerders van die Hoërskool Hugenote is in samewerking met die onderwysers geïdentifiseer en 45…
Solidariteit Helpende Hand se visie is om die Afrikaner-gemeenskap se volhoubare welstand te verseker deur finansiële, sosio-emosionele, geestelike, fisiese en kulturele opheffing te bewerkstellig. Ongelukkig is armoede in al hierdie lewensareas ‘n werklikheid en funksioneer dit dikwels interaktief. As jy byvoorbeeld finansieel swaarkry, kan jy aan ‘n minderwaardigheidskompleks ly en net oorleef in plaas daarvan…
Ons word baie meer deur trauma in ons gemeenskappe beïnvloed as wat ons besef. Elkeen van ons kry op een of ander wyse met iemand te doen wat bewustelik of onbewustelik onverwerkte trauma het. Of jy is self al blootgestel aan een of ander traumatiese gebeurtenis. Dit manifesteer op verskillende wyses soos padwoede, ‘n negatiewe…
Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie
Kalender
Skenk by jou naaste Ons Winkel