Helpende Hand Wes-Kaapstreek se doel is om die nood van Afrikaners op grondvlak aan te spreek deur middel van gemeenskapsontwikkeling. Ons fokus op kinders, bejaardes en persone met gestremdhede asook hierdie persone se gesinne.
Jy kan Helpende Hand op enige van die volgende maniere ondersteun:
- Skakel in by jou naaste Helpende Hand takOns het tans 20 takke in die Wes-Kaap. Die takke bied goeie, volhoubare programme en projekte in die gemeenskap aan. So maak mense met omgeeharte ’n verskil in jou onmiddellike omgewing.
- Ondersteun Helpende Hand finansieel met ’n debietorder van R50,00 per maand of ’n eenmalige elektroniese inbetaling van R600-00.Finansiële ondersteuning stel ons in staat om die nodige projekte en programme aan te bied waar behoeftes in die gemeenskappe geïdentifiseer is.
- Maak ’n skenking aan enige Helpende Hand Ons WinkelHierdie skenkings word verkoop en die fondse word gebruik vir projekte en om die Helpende Hand Studietrust te ondersteun. Studente wat fondse benodig om na skool verder te studeer, doen by die Studietrust aansoek vir ’n rentevrye studielening. Hulle begin hulle lening terugbetaal nadat hulle afgestudeer het en hulle terugbetalings finansier weer die volgende student se rentevrye studielening.
Kontak ons gerus by [email protected] vir enige navrae.
Ontmoet ons personeel
Mariëtte Roos
082 493 0763
Lize Theron
082 895 8643
Riversdal-tak se Kuier, Klets en Kielie die Spiere-program
Die Solidariteit Helpende Hand Riversdal-tak het die Kuier, Klets en Kielie die Spiere-program op 24 Junie 2025 aan 10 ouer persone by Huis Jan Lange bekendgestel. Die program is wetenskaplik ontwikkel om vereensaamde ouer mense se lewenskwaliteit te verbeter deur hulle sintuie te stimuleer, hulle breinkrag te verskerp en hulle spiere te versterk. Tydens die sessie het die ouer persone hul spiere heerlik gerek en gestrek, saam gelag, die musiek en boekvoorlesing geniet en hul hande met room gemasseer. Die program sal tot aan die einde van die jaar deur taklede aangebied word.
Nuus vanuit ons streek
Die Solidariteit Helpende Hand Porterville-tak het op 14 Augustus 2025 die derde agtereenvolgende jaar ‘n spesiale Oupadag aangebied as deel van hul gemeenskapsontwikkelingsinisiatiewe. Die geleentheid is aangebied by die 24 Riviere Ontwikkelingsvereniging, Halfmanshof. Die verrigtinge het om 09:00 begin toe die groep daarheen vervoer is en hulle die oggend kon afskop met koffie en beskuit.…
Die Solidariteit Helpende Hand Swartland-tak in Malmesbury het die afgelope maand die Swartland Studiefonds tot stand gebring. Dit volg op die tak se gefokusde fondsinsameling met hul eerste gholfdag by die Malmesbury Gholfklub op 12 April 2025. Die hoofborg wat die gholfdag moontlik gemaak het, was iPlan. Die dag is bygewoon en ondersteun deur iPlan…
Deur Dané Kotze, senior streeks- maatskaplike werker: Solidariteit Helpende Hand Wes-Kaap-streek In ‘n wêreld vol onsekerheid, pyn en verandering is daar min dinge so kragtig soos gebed. Vir seniors, wat dikwels reeds lewenslange geestelike reisigers is, bied gebedsgroepe nie net vrede nie, maar ook ‘n plek waar hulle tuis voel en krag en hoop kry.…
Solidariteit Helpende Hand se jaartema vir 2025 is Welstand. Gedagtig hieraan wil ons graag asemskep-oomblikke in die natuur bewerkstellig. Die reeks Welstand-wandelinge is bedoel om gesellige uitstappies na verskeie plekke in die Wes-Kaap te wees. Die groepie stappers sal elke keer saam begin stap, maar almal sal teen hul eie pas wandel. Dit is jou…
Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie
Kalender
Skenk by jou naaste Ons Winkel