
Helpende Hand Wes-Kaapstreek se doel is om die nood van Afrikaners op grondvlak aan te spreek deur middel van gemeenskapsontwikkeling. Ons fokus op kinders, bejaardes en persone met gestremdhede asook hierdie persone se gesinne.
Jy kan Helpende Hand op enige van die volgende maniere ondersteun:
- Skakel in by jou naaste Helpende Hand tak
Ons het tans 17 takke in die Wes-Kaap. Die takke bied goeie, volhoubare programme en projekte in die gemeenskap aan. So maak mense met omgeeharte ’n verskil in jou onmiddellike omgewing.
- Ondersteun Helpende Hand finansieel met ’n debietorder van R50,00 per maand of ’n eenmalige elektroniese inbetaling van R600-00.
Finansiële ondersteuning stel ons in staat om die nodige projekte en programme aan te bied waar behoeftes in die gemeenskappe geïdentifiseer is.
- Maak ’n skenking aan enige Helpende Hand Ons Winkel
Hierdie skenkings word verkoop en die fondse word gebruik vir projekte en om die Helpende Hand Studietrust te ondersteun. Studente wat fondse benodig om na skool verder te studeer, doen by die Studietrust aansoek vir ’n rentevrye studielening. Hulle begin hulle lening terugbetaal nadat hulle afgestudeer het en hulle terugbetalings finansier weer die volgende student se rentevrye studielening.
Kontak ons gerus by [email protected] vir enige navrae.
Ontmoet ons personeel








Nuus vanuit ons streek
Hoekom moet ek vir hulp vra?
Gemeenskapskakeling
Helpende Hand: Melkbosstrand Tak
Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie
Kalender
Skenk by jou naaste Ons Winkel
