Wes-Kaap Streek_Blou-01

WES-KAAP

Wes-Kaap Streek_Blou-01

WES-KAAP

Span_foto_

Helpende Hand Wes-Kaapstreek se doel is om die nood van Afrikaners op grondvlak aan te spreek deur middel van gemeenskapsontwikkeling.  Ons fokus op kinders, bejaardes en persone met gestremdhede asook hierdie persone se gesinne.

Jy kan Helpende Hand op enige van die volgende maniere ondersteun:

  • Skakel in by jou naaste Helpende Hand takOns het tans 20 takke in die Wes-Kaap.  Die takke bied goeie, volhoubare programme en projekte in die gemeenskap aan.  So maak mense met omgeeharte ’n verskil in jou onmiddellike omgewing.
  • Ondersteun Helpende Hand finansieel met ’n debietorder van R50,00 per maand of ’n eenmalige elektroniese inbetaling van R600-00.Finansiële ondersteuning stel ons in staat om die nodige projekte en programme aan te bied waar behoeftes in die gemeenskappe geïdentifiseer is.
  • Maak ’n skenking aan enige Helpende Hand Ons WinkelHierdie skenkings word verkoop en die fondse word gebruik vir projekte en om die Helpende Hand Studietrust te ondersteun.  Studente wat fondse benodig om na skool verder te studeer, doen by die Studietrust aansoek vir ’n rentevrye studielening.  Hulle begin hulle lening terugbetaal nadat hulle afgestudeer het en hulle terugbetalings finansier weer die volgende student se rentevrye studielening.

Kontak ons gerus by [email protected] vir enige navrae.

Ontmoet ons personeel

Alisha_de_Langes

Alisha de Lange

Streekbestuurder: Suidstreek
[email protected]

082 923 1438
Mariette_Rooss

Mariëtte Roos

Streeksorganiseerder-Weskus, Wynlande en Noordelike Voorstede
[email protected]

082 493 0763
Marlise_fotos

Marlise Labuschagne

Assistent Streeksorganiseerder - Suid-Kaap
[email protected]

071 390 7766
Lize_fotos

Lize Theron

Assistent Streeksorganiseerder - Helderberg, Overberg, Suidelike & Noordelike Voorstede
[email protected]

082 895 8643
Lizelle

Lizelle de Jager

Streeks- maatskaplike werker – Wes-Kaap-streek
[email protected]

067 834 2923
Dane_Erasmus

Dané Kotze

Maatskaplike Werker - Wes-Kaap
[email protected]

060 700 9410
Alna_de_Waals

Alna de Waal

Maatskaplike Werker - Suid-Kaap
[email protected]

073 954 1592
Marilize_de_Vaals

Marilize de Vaal

Streeks- Administratiewe Beampte
[email protected]

076 784 5866
Picture2

Carina van Niekerk

Areabestuurder; Ons Winkels Wes-Kaap-streek
[email protected]

074 129 5555
Trix_foto

Trix Dyason

Bestuurder: Ons Plek Strand
[email protected]
061 402 1512

Riversdal-tak se Kuier, Klets en Kielie die Spiere-program

Die Solidariteit Helpende Hand Riversdal-tak het die Kuier, Klets en Kielie die Spiere-program op 24 Junie 2025 aan 10 ouer persone by Huis Jan Lange bekendgestel. Die program is wetenskaplik ontwikkel om vereensaamde ouer mense se lewenskwaliteit te verbeter deur hulle sintuie te stimuleer, hulle breinkrag te verskerp en hulle spiere te versterk. Tydens die sessie het die ouer persone hul spiere heerlik gerek en gestrek, saam gelag, die musiek en boekvoorlesing geniet en hul hande met room gemasseer. Die program sal tot aan die einde van die jaar deur taklede aangebied word.

Foto1
Foto_2
Foto_3
Foto_4

Nuus vanuit ons streek

Gesonde grense: Wanneer “nee” sê ‘n liefdesdaad word

15 Mei 2026

In gemeenskappe waar diensbaarheid en omgee sentraal staan, word die belangrikheid van gesonde grense dikwels misverstaan. By Helpende Hand glo ons dat volhoubare diens nie moontlik is sonder selfrespek, wysheid en duidelike perke nie. Daarom fokus ons Weskus-takke op die tema “Gesonde grense: Wanneer om nee te sê” as deel van ons verrykende opleiding.

Gemeenskapsnuus: Leer ken van Helpende Hand se oudste vrywilligers

15 Mei 2026

As deel van Solidariteit Helpende Hand se Vrywilligersmaand in Mei word hierdie menslike stories vertel om erkenning te gee aan die mense agter die werk – vrywilligers wie se toewyding, deernis en volgehoue betrokkenheid die ruggraat van baie gemeenskappe vorm. *Izak Janse van Noordwyk (82) van die Paarl in die Wes-Kaap Hy ken swaarkry self…

Gemeenskapsnuus: Leer ken van Helpende Hand se oudste vrywilligers

6 Mei 2026

As deel van Solidariteit Helpende Hand se Vrywilligersmaand in Mei word hierdie menslike stories vertel om erkenning te gee aan die mense agter die werk – vrywilligers wie se toewyding, deernis en volgehoue betrokkenheid die ruggraat van baie gemeenskappe vorm.

Hangklip se 75-jarige helper staan steeds eerste vir haar gemeenskap

28 April 2026

Op 75-jarige ouderdom is Maryna Hattingh steeds aktief betrokke by gemeenskapswerk in die Hangklip-omgewing, waar sy haar tyd en energie in Solidariteit Helpende Hand se projekte belê.

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie

Kalender

 

Skenk by jou naaste Ons Winkel

Untitled-1